top of page

Kinderbediening
Die kern van die werk wat Annine gaan doen, gaan by kinders wees. Annine is absoluut passievol hieroor en het in die verlede in Mosambiek baie met kinders gewerk.
Die ander baie opwindende faktor is dat Andrieka nou ook deel is van die span, en saam glo ons dat hulle 'n goeie span gaan wees.
​
Ons het 'n groep van ongeveer 10 gereelde besoekers wat daagliks na ons huis kom in die hoop om tyd saam met Mama Andrieka (Annine) deur te bring, maar vir eers kan hulle net 2 middae per week kry om te kom speel.
​
Die klein groepie is ook 'n goeie katalisator vir taal leer en help Annine om daagliks te oefen.
![IMG_20211218_110936[1].jpg](https://static.wixstatic.com/media/fdea82_18cfb5fd4e0a4ee7bebb7b1f042dd729~mv2.jpg/v1/fill/w_897,h_673,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/IMG_20211218_110936%5B1%5D.jpg)
Annine gaan ook kinderwerkers in van die plaaslike kerke oplei, sodat hulle beter toegerus sal wees vir die bediening.

bottom of page